Almega Karavaanpark en Kamp
Almega Karavaanpark is die perfekte plek om weg te breek van die stad se rumoer en die rustige bosveld te kom geniet. |
Almega karavaanpark en kamp is slegs 45km Noord van Pretoria op die Rust-de-Winter pad gelee en grens aan die Dinokeng Groot 5 wilds reservaat. Bring jou familie en vriende en kuier tussen baie bome, groen gras en vollop wild.
Elke staanplek is groot en het sy eie eksklusiewe vyfster badkamer geriewe en 'n wasbak vir skottelgoed. Alle staanplekke is toegerus met 'n 15A kragpunt en braai area. Bring jou fiets of stap skoene en verken die 15km grondpaaie in die 200Ha plaas. Die omliggende omgewing is die tuiste van meer as 250 geidentifiseerde voël soorte en op die plaas is daar volop wild om te besigtig.
Die eienaars van Almega karavaanpark en kampeer terrein is self ook kamp mense en het besluit om n karavaanpark te bou soos hulle dit graag sou wou hê. Hulle het begin met die volgende in gedagte:
Groot staanplekke sodat 'n mens privaat en gemaklik kan kamp
Baie koelte bome en groen gras
Privaat ablusies wat altyd warm water het
En laastens netheid soos: Ablusies silwer skoon, plaas paaie geskraap en heinings netjies.
Netjiese boomryke kampeer terien
Privaat ablusie met eie stort, toilet, wasbak en grimeerblad met spiel en haardroër kragpunt
Klim raam met sandpit en swaaie vir kinders
Gepaveide vuur en braai area vir groepe
Jukskei baan
Kamp terein is omhein
15km grond paaie vir stap en fietsry
Jukskei baan
15km grond paaie vir stap en fietsry
Campsite is along / part of:
Dinokeng Game Reserve Campsites N1 Campsites
![]() Click to load the interactive map |
Latitude: -25.3408949579 Longitude: 28.3888530731 WGS-84 Lat: S 25 20.454 WGS-84 Lon: E 28 23.331 |
@
almegakamp