Aan Die Oewer, Camping Site near Orania

Aan Die Oewer

Welkom by Aan die Oewer. Orania se eie stukkie paradys aan die Oranje Rivier.
Description

Aan-die-Oewer se kampterrein was die eerste deel van die oord wat ontwikkel is. Die ruim en skaduryke staanplekke is almal voorsien van kragpunte, varswaterkrane, verskuifbare braaiers en asdromme. Hoewel hier net 10 kampplekke is, kan groot groepe soos woonwa- en ander klubs met gemak geakkommodeer word.
Die ablusieblok het bad- en stortgeriewe en is voorsien van gasgeisers. 'n Skottelgoedopwasplek, 'n outomatiese wasmasjien en wasgoeddrade, sowel as 'n yskas/vrieskas kombinasie is beskikbaar vir gaste se gebruik.
Die klimraam vir die kleinspan is deel van die kampterrein. Daar is ook 'n heerlike rivierswembad om in af te koel op warm somerdae. Die Oewer Snoepie is sewe dae per week oop en verkoop al die basiese noodsaaklikhede soos: Hout, ys, melk ens.

Hier kan vakansiegangers en besoekers van oraloor die betowering van die pragtige oewer, die rivier en natuurlik die gasvryheid van Orania en sy mense kom ontdek. Uitgestrekte grasperke onder die inheemse wag-'n-bietjie-, doring- en kareebome bied ruimte vir kinders om te speel en vir grootmense om sommer net 'n vleisie te braai terwyl hulle die rustigheid en skoonheid van die omgewing geniet.

'n Kampeerterrein, selfsorgchalets en 'n hotel met 12 kamers sorg vir genoeg akkommodasie vir nagenoeg 150 gaste. Die oord het heelwat geriewe soos 'n restaurant, spa, speletjieskamer, swembad, kayakke en 'n vlot op die rivier, terwyl waterpret soos binnebandry en vierwielmotorfietsritte onlangs bygevoeg is. Al die avontuuraktiwiteite word onder leiding van 'n bekwame gids aangebied.

Kom besoek gerus Aan-die-Oewer vakansieoord en kom vind self uit waarom dit die "toerismejuweel" van die Noord-Kaap genoem word.


Types of accommodation:


10 Kampplekke
Kamphuisies
Hotel
Chalets vir 2 / 3 / 4 / 5 / 6 / 9 persone.


Facilities described:


Ons lieflike kampterrein is bekend vir sy ruim en skaduryke staanplekke wat omsoom word deur lower groen grasperke.  Kampeerders van oraloor kan getuig van onvergeetlike vakansies hier langs die Oranjerivier. 'n Goed toegeruste ablusieblok met bad- en stortgeriewe is onlangs van gasgeisers voorsien om te verseker dat kampeerders altyd warm water het. 'n Outomatiese wasmasjien sowel as 'n yskas met vriesgeriewe  is ook vir kampeerders se gebruik beskikbaar.  Hoewel daar slegs 10 staanplekke is, is elkeen voorsien van 'n kragpunt, varswater kraan en verskuifbare braaier.

Campsite with Shared ablution at Aan Die OewerCampsite with Chalets or other accommodation at Aan Die OewerCampsite with Pensioners discount at Aan Die OewerCampsite with Electrical outlets at Aan Die OewerCampsite with Grass covered sites at Aan Die OewerCampsite with Braai stands at Aan Die OewerCampsite with Water at campsite at Aan Die OewerCampsite with Hot showers at Aan Die OewerCampsite with Shop at Aan Die OewerCampsite with Restaurant at Aan Die OewerCampsite with Dish wash and kitchen area at Aan Die OewerCampsite with Laundry room at Aan Die OewerCampsite with Washing lines at Aan Die OewerCampsite with Tent friendly at Aan Die OewerCampsite with Caravan friendly at Aan Die OewerCampsite with Motorhome friendly at Aan Die OewerCampsite with Cellphone reception at Aan Die Oewer


Activities:


Campsite with Swimming pool at Aan Die OewerCampsite with Fishing at Aan Die OewerCampsite with Kids play area at Aan Die OewerCampsite with River rafting at Aan Die Oewer

Vlot op rivier
Binnebande ry
Ski
Trapfietse


Campsite Environment:


Next to River | Swimming Pool | Child Friendly | Camping Chalets


Campsite is along / part of:
Orange River Campsites R369 Campsites

Aan Die Oewer. Location of the photos on map:

Click for interactive map
Click to load the
interactive map

Latitude: -29.8006008692
Longitude: 24.4205248356
WGS-84 Lat: S 29 48.036
WGS-84 Lon: E 24 25.231
Get Google Maps directions from your position to this attraction


Directions to site:


Draai noord in Orania in by die eerste 4-rigting stop.  Volg die oranje borde met "Aan-die-Oewer" aanwysings, tot by die ingang na die oord met 'n groot oorhoofse naambord.  Neem die 2de ingang na regs vir Ontvangs.

Distance to Town:


2km

Camping Rates. For Indication Purposes Only.:


10 Staanplekke met kragpunte: R260 plus R10 per persoon
Maksimum van 6 persone per staanplek.

Pensionarisse: R175 p/n

School Holiday Price From:


R260 plus R10 pp. Pensionarisse R175 p/n
Find more details at website of Aan Die Oewer

Contact Details:


Tel: 053 207 0118
Sel: 076 265 2675
Fax: 086 625 2221

Hoewe 36, Punt van Diamant laan
Orania
Noord Kaap
✉ Email Aan Die Oewer from here
@oewerpark
Click to watch video
Click images to enlarge
Rate this campsite ★★★★☆
Email this page's editor.
Last updated: 2020-03-09
Page views: 832
See nearby campsites:
Upper Karoo CampsitesOrania Campsites

Add your review

Your age
Your surname

Send review

Did you find what you were looking for?
YesNoMaybe

campsites@1r.co.za

 

Inspired by

wealth creators method