Uithoek Vakansie-oord
Zip Lines and Abseiling. | Rated 5 stars by 1 users. |
Uithoek Vakansie-oord is op 'n pragtige plaas in die Oos-Vrystaat net 10 km van Fouriesburg af. Daar is 1 basiese kamer, 2 chalets met slaapplek vir 4 tot 5 gaste elk, en 'n kampeerterrein met 50 staanplekke, elk met slaapplek vir 6 gaste.
Die basiese kamer het 2 enkelbeddens en 1 stapelbed. Gaste het toegang tot moderne ablusiegeriewe, ongeveer 50 m van die kamer af. Gaste in die kamer mag die gemeenskaplike swembad gebruik.
Chalet 1 is 'n privaat selfsorg-chalet met 'n panoramiese uitsig van 180° en bied slaapplek in 2 slaapkamers, elk met 'n dubbelbed. Die eenheid het 'n kombuis, leefarea, badkamer, patio en braaigeriewe. Die chalet het ook toegang tot die gemeenskaplike swembad.
Chalet 2 is 'n privaat, afgeleë selfsorg-chalet met 'n panoramiese uitsig van 360° en bied slaapplek in 2 slaapkamers, elk met 'n dubbelbed. Daar is 'n slaapbank in die sitarea. Die eenheid het 'n kombuis, leefarea, badkamer, patio en braaigeriewe. Die chalet het ook toegang tot die gemeenskaplike swembad.
Uithoek Natuur Park se kampeerterrein het gras-terrasse, oorgenoeg bome wat skadu bied en nuwe netjiese, skoon badkamergeriewe. Die kampeerterrein is omring deur rotsformasies en inheemse fauna en flora. Elke kampeerplek het 'n kragpunt, kraan en braaigeriewe. Kampeerders het ook toegang tot gehalte-ablusiegeriewe en 2 gemeenskaplike lapas.
Doendinge op die perseel sluit zip-line, rotsklim, abseil, voetslaan, visvang, voëlkyk, wildkyk en 4x4-roetes in.
Zip lines
Campsite is along / part of:
R26 Campsites
![]() Click to load the interactive map |
Latitude: -28.5424582483 Longitude: 28.214058876 WGS-84 Lat: S 28 32.547 WGS-84 Lon: E 28 12.844 |
@
uithoek