Lesoba Guest Farm is in die oostelike Vrystaat tussen Clarens en Fouriesburg geleƫ. Dis 23 km van Clarens af en 13 km van Fouriesburg af. Lesoba bied jou 'n rustige, verkwikkende wegbreek wat ideaal is vir stappers, natuurliefhebbers en buitelug-entoesiaste. Dit is 'n gerieflike oornagplek vir reisigers op pad na Lesotho.
Akkommodasie bestaan uit 6 selfsorg-chalets uit sandsteen wat langs 'n dam met ongelooflike berg-uitsigte geleƫ is. Elke chalet het 'n ten volle toegeruste kombuis, eetkamer en leefkamer, vol badkamer en patio. Die gasteplaas voorsien alle linne en daar is ook braaigeriewe beskikbaar.
Aktiwiteite op die perseel sluit 3 staproetes met panoramiese uitsigte oor Lesotho, die Caledon-rivier en die Fouriesburg-distrik in. Langs die pad sal jy die Queen Victoria-rotsformasie, San-rotstekeninge en 'n dinosourus-fossiel in rots raaksien. Daar is ook 4x4-, bergfiets-, motorfiets en vierwielmotorfietsroetes vir avontuurlustiges. Lesoba bied ook visvang vir kinders, swem in die plaaslike dam en die geleentheid om meer te leer oor skaapboerdery en om lammetjies met die hand te voer.























Campsite is along / part of:
R26 Campsites R711 Campsites
![]() Click to load the interactive map |
Latitude: -28.674474575 Longitude: 28.3079147339 WGS-84 Lat: S 28 40.468 WGS-84 Lon: E 28 18.475 |
